Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak | Onderhoud by Silwerskermfees 2024 | Kabous Meiring gesels met Bioskoop
Oor
By Silwerskermfees 2024 sit ons langs die see met Kabous Meiring — die vrou agter een van die mees geliefde Afrikaanse films van die jaar. Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak het die fees gestorm en met toekennings vir Beste Aktrise, Beste Draaiboek, Beste Kinematografie én Beste Redigering weggestap. Dis vir seker vermaak!
Kabous gesels oor haar regie-debuut, die skepping van die kleurryke wêreld van Eigelaarsdrif, en hoe Annie Klopper se geliefde boek sy pad na die groot skerm gevind het. Sy deel ook haar ervarings met ‘n uitmuntende ensemble-rolverdeling — met Carla Smith in die hoofrol as die selfontdekkende Pamina, saam met Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Christiaan Schoombie, Armand Aucamp en meer.
Gebaseer op die roman deur Annie Klopper, vertel die film die storie van Pamina Vermaak — ‘n jong joernalis wat haar werk bedank, haar kêrel los en terugkeer na haar tuisdorp om onvoltooide sake te konfronteer. Wat volg is ‘n warm, skerpsinnige en baie cool Afrikaanse rolprent wat bewys dat ‘n Afrikaanse fliek net so sexy kan wees soos enige Netflix-reeks.
Nou beskikbaar op DStv BoxOffice. 🎬
📍 Silwerskermfees 2024 | Groot Constantia, Kaapstad
🏆 Wenner — Beste Aktrise, Draaiboek, Kinematografie & Redigering by Silwerskermfees
🎥 Regie: Kabous Meiring | Draaiboek: Elanie Rupping & Bibi Slippers
⭐ Carla Smith | Christiaan Schoombie | Anna-Mart van der Merwe | Lee-Ann van Rooi | Armand Aucamp
⏱ 90 minute | PG 10-12
🔔 Inteken vir meer Afrikaanse filmonderhoude, resensies en Silwerskermfees-inhoud!
#PaminaVermaak #Silwerskermfees2024 #KabousMeiring #CarlaSmith #AfrikaanseFilm #DieTragieseSaakVanPaminaVermaak #DStv #AfrikaanseKunste #Bioskoop
Lees die Bioskoop resensie
Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging