Die 13de Silwerskemfees beloof om groot pret te wees

Silwerskermfees 2025
Die Silwerskermfees groei jaarliks in omvang en inhoud. Ek kon verlede jaar kwalik al die films kyk tussen werkswinkels en video-opnames deur! Vanjaar se propvol program beloof groot pret en insiggewende ervarings.Soos altyd sluit die fees vollengte rolprente, kortfilms en TV-reekse in wat hul première hier maak. Hierdie jaar kry dokumentêre inhoud spesiale aandag, en ekstra werkswinkels is ingesluit om dié genre te verken.
Kortfilms: Nuwe en gevestigde stemme
Die kortfilms sluit werke in deur opkomende én gevestigde filmmakers. Van die belowende nuwe produksies sluit in:
..Sewe
Michelle (Karlé Briedenhann) is vasgevang in ’n verhouding wat al hoe meer manipulerend en gewelddadig raak. Tog kan sy nie vir Francois (Viljé Maritz) “net los” nie.
Bly
In Bly woed ’n storm buite, terwyl ’n bejaarde egpaar – gespeel deur Anton Dekker en Karin Retief – se plan om hul lyding te beëindig begin ontrafel. Wanneer hul kleindogter (Liza du Plessis) per ongeluk die gif inneem wat vir hulle bedoel is, neem die verhaal ’n skokkende wending.
Alma op pad
Hierdie film verken die impak van besluite wanneer dinge onverwags verander. Alma (Chrystal Conradie), ’n 12-jarige dogter, dokumenteer haar gesin se pad na ’n nuwe vakansiebestemming – iets waaroor haar ouers sterk verskil. ’n Fyngevoelige verhaal oor grootword, ontkenning, onthou en die opofferings wat liefde dikwels verg.
Van die gevestigde filmmakers bied ook indrukwekkende kortfilms aan:
Totsiens, Selina
Die verhaal van Selina – die vrou wie se teenwoordigheid altyd as vanselfsprekend aanvaar is – neem ’n wending wanneer sy siek word. Die Swanepoel-gesin word by haar huis gekonfronteer met ’n wêreld buite hul eie.
Tussen die kwashale
Die outistiese Tyron (Jihad Otto) verwerk sy ma se dood deur kuns. ’n Ruwe maar mooi blik op rou en verwerking.
Kort dokumentêre
Vet vannie land
’n Kort dokumentêr oor Pieter van Wyk, ’n briljante botanis wat Suid-Afrika se unieke vetplante teen uitwissing probeer beskerm. Die Richtersveld en Sukkulente Karoo vorm die agtergrond vir hierdie stryd teen tyd, stropery en georganiseerde misdaad.
Bliksems in Bothaville
Die rofstoeier Roger Wilters het min oor: sy gesin is weg, sy klub het toegemaak. Maar hy hou vas aan sy droom en probeer ’n geveg reël – terwyl hy ook as pa moet opstaan. ’n Roerende dokumentêr oor vasbyt en hoop.
Onafhanklike kortfilms
The Last Ranger
Litha word deur ’n oorblywende veldwagter aan die wildernis voorgestel tydens die 2020-inperking. ’n Diepgaande verhaal oor stropery, geheimenisse en beskerming van renosters.
Amazeze (Fleas)
Tonderai, ’n jong Zimbabwiese seun, vrees vir sy lewe en dié van sy broer in ’n township geteister deur xenofobie. ’n Rof-realiteit word hier sonder versiering uitgelig.
Melkbrood
’n Spannende gesprek tussen Em en haar ma ontbloot die ongemak van onvervulde verwagtinge. Em staan op haarself, al is die band tussen hulle broos. ’n Fyn observasie van intergenerasionele spanning.
Speelfilms
Die speelfilms op die program lyk besonder belowend:
My F*k, Marelize!
’n Ware verhaal wat die land gegryp het, nou as film: Heidi, wat haar kanker geheim hou, en haar dogter Marelize, wat moet leer fietsry om ’n au pair in Nederland te word. Wat kan verkeerd gaan?
Khaki Fever
’n Groep veldwagters hou ’n ongewone kompetisie – wie kan die meeste gaste in die toerismeseisoen verlei? Maar die lodge se konserwatiewe bestuurder mag niks uitvind nie… ’n Kinkelryke komedie deur SAFTA-bekroonde regisseur Brett Michael Innes.
Hen
’n Psigologiese riller op ’n afgeleë plaas waar ’n gesin teen die duisternis baklei – nie net fisiek nie, maar ook emosioneel. ’n Film oor oorlewing, familie en die dun lyn tussen lewe en dood.
The Heart is a Muscle
’n Braai onder Kaapse vriende ontspoor wanneer Ryan se seun vermis raak. Die soektog lei tot konflik, onthullings en die pyn van geheime wat vir lank begrawe was. ’n Ryk drama oor vergifnis en generasies.
Enigiemand is welkom – en dis bekostigbaar
Net soos verlede jaar is die fees oop vir almal – die publiek én genooide gaste. En kaartjies is ongelooflik bekostigbaar:
-
R65 per fliek of kortfilmblok (springmielies ingesluit!).
-
R1 000 vir ’n Silwerkaartjie, wat jou toegang gee tot al die inhoud van die fees.
-
R150 vir toegang tot die glansgeleentheid op Saterdagaand ná die rugby.
-
R300 tot die glansgeleentheid plus kuier saam met die bekendes.
Of jy nou ’n filmstudent, fliekverslaafde of net nuuskierig is – hierdie fees is vir jou!
Vir meer inligting besoek gerus die fees se webwerf: www.silwerskermfees.co.za

Geskryf deur Rick Bronkhorst
Meer Nuus

Semi-Soeter – meer lag as logika
Semi-Soeter bring Jaci en JP terug in ’n vrolike opvolg vol voorgee-ouerskap, babahumor en emosionele oomblikke. Met Anel Alexander, Nico Panagio en Neels van Jaarsveld spog die film met sterk spel, asemrowende Suid-Afrikaanse tonele, en ’n eg Afrikaanse klankbaan wat die Hollywood-styl balanseer. Al neig die humor soms na slapstick, bied die film genoeg plaaslike geur, hartroerende oomblikke en prettige verrassings om dit ’n moet-kyk op Netflix te maak vir enige liefhebber van Afrikaanse romantiese komedies.

Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging