Kaalgat Karel – Schalk Bezuidenhout en Tracey-Lee Oliver wys méér in Kaalgat Karel

Resensie
“Jy laat mense lag Karel,jy laat mense goed voel”
In die laaste toneel openbaar Rita haar ewige liefde aan Karel, die hoofkarakter en kaalnaeler of “streaker” in die nuwe Afrikaanse komedie Kaalgat Karel.
Ek wens dat ek die gelyknamige Afrikaanse komedie ook met hierdie presiese woorde kon beskryf, maar ongelukkig is dit nie heeltemal die geval nie.
Karel Venter (gespeel deur Francois Jacobs) is die 30-jarige klasnar wat kaalbas moeilikheid maak en sy ‘followers’ vermaak op sy aanlyn video-kanaal. Wanneer hy gedurende een van sy maltrap-sessies ‘n golf toernooi omvergooi en dan van die sekuriteit vlug, beland hy letterlik ‘op die paal’ wanneer hy oor ‘n heining probeer spring.
Dan ontmoet hy die paramedikus Rita Swart (gespeel deur Christia Visser) en verloor sy hart op die donkerkop. Rita voel egter nie dadelik dieselfde oor Karel nie.
Rita is ‘n sukkelende enkelma van ‘n dogtertjie Bella, wat aan ‘n seldsame oogsiekte lei en moontlik kan blind raak. Sy soek ‘n man wat standvastig is,en vir haar en Bella kan sorg. Karel se grootste uitdaging kom in die vorm van die narsistiese spierpaleis, Dr JP (Eden Classens) -‘n plastiese chirurg wat sy oog op Rita en ook ander dele van haar lyf het.

En so begin die sports om Rita se hart te wen.
Kaalgat Karel is met tye pret maar bou ongelukkig nie genoeg stoom op nie en daarom voel die film se klimaks miskien ook nie gróót genoeg nie. Die karakters is effens oppervlakkig, die grappies soms geforseerd en slaag nie altyd nie omdat die dialoog wat ongemaklik in van die spelers se monde sit.
Die film se grootste tekortkoming is die teks. Dit volg ‘n formule wat al te veel in Afrikaanse rolprente gesien is. Daar is geen onverwagse kinkels of karakters met bietjie “vleis” aan nie. Eden Classens se gespierde lyf, of Francois Jacobs se agterstewe tel beslis nie as daai “vleis” in dié geval nie. Die kamera huiwer ook soveel keer op die mans in hulle “speedos” dat dit ‘n mens aan falliese simbole laat dink.
Die enigste twee spelers wat die twee hoofrolle ore aansit, en soos ‘n vars bries deur ‘n louwarm film waai, is Schalk Bezuidenhout as Karel se bestuurder en beste pel Flip, en Rita se mede-paramedikus en beste vriendin Maria, gespeel deur Tracey-Lee Oliver. Dié twee se energie komplimenteer mekaar en ook die tonele waarin hulle speel. En hulle ís snaaks.
As jy van al jou probleme en die voortslepende pandemie wil vergeet, mag Kaalgat Karel dalk vir ‘n kort rukkie ontvlugting bied, al is die enigste rede Schalk Bezuidenhout en Tracey-Lee Olivier wat hulle goed van hulle taak kwyt.
Meer Inligting
Speeltyd
81 min
Skrywer en Regisseur
Meg Rickards, Paul Egan | Meg Rickards
Webtuiste
Skerms
∞
Ouderdomsbeperking
13 L N S
Rolverdeling
Francois Jacobs, Christia Visser, Schalk Bezuidenhout, Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Eden Classens, Rosbelle Clasen
Sterre
2.5/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Gerhard Ehlers
Gerhard Ehlers is ‘n film en televisie produksie dosent by die Boston Media House kampus in Sandton, Johannesburg. Gerhard het homself nog altyd as ‘n storieverteller beskou, en reeds op Hoërskool die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms nl: “Friendly Conscience”, “Die Heuningwyser” en “Sekelfontein” behartig.
Verdere Resensies
Bloedhond – Heerlike bangmaak-vermaak vir Halloween-maand
Bloedhond is ’n bloederige, spanningsvolle Afrikaanse gruwelfliek vol koue rillings, donker humor en onverwagse wendings – perfek vir Halloween, met sterk spel deur Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz en Kevin Peyper, en beskikbaar op eVOD.
Hen – Rasend honger en stilweg boos.
Hen is ’n senutergende Afrikaanse riller deur Nico Scheepers met Stian Bam, Amalia Uys en Dawian van der Westhuizen. Op ’n afgeleë plaas in die laat 19de eeu ontvou ’n donker en bonatuurlike verhaal van geloof, vrees en vervloeking. Met skitterende spel en intense atmosfeer herinner Hen aan The Omen en Rosemary’s Baby – ’n film wat lank ná die laaste toneel bly spook.
Carissa: Een legkaartstukkie van háár lewe
Carissa (2025), ’n stadige maar visueel pragtige rolprent oor plattelandse lewe, familie, eenvoud en die ritme van menswees.

Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging