Pou – Waar die vere die voël maak oor die ver-verlate vlaktes

Resensie
Pou word bemark as ‘n Suid-Afrikaanse Gotiese gruwelprent, waarin die psigoseksuele reis van ‘n jong verpleegster meegemaak word tussen ‘n opleidingsinstansie en die plaashuis van een van die stigters.
Die opleidingsinstansie is gevorm deur streng Afrikaanse, Calvinistiese riglyne wat
Anna Pohl (Tarryn Wyngaard) oortree en gevolglik word sy gestraf oor haar verhouding met ‘n mede-verpleegster. Sy word ontbied om na ‘n mede-stigter te gaan kyk, Sarel Cilliers (Johan Botha), wat aan ‘n verswakkende geestestoestand lei. Hy is ook ‘n voormalige apartheidsera-teoloog wat homself steeds besig hou met ou dokumente en aandenkings van die stigting.
Anna word stelselmatig verdiep in Sarel se nagmerries en hallusinasies soos wat die wêreld van fantasie en die werklikheid verenig. Dit als speel af terwyl ‘n mens die roepstem van hul geliefde pou oor die ver-verlate vlaktes hoor.
Pou was reeds drie jaar gelede verfilm en is regisseur, Jaco Minnaar, se eerste vollengteprent. Die konsep het my soms laat terug dink aan Jans Rautenbach se Die Kandidaat (1968), ‘n rolprent wat die apartheidsera se denkwyse gekritiseer het en terselfdertyd ‘n baanbreker in Afrikaanse kuns was.
Die rolverdeling bied uitstekende dramatiese kuns op die silwerskerm, en sluit akteurs in soos Alida Theron, Ruan Wessels, Liza van Deventer, Nicola Hanekom, André Stolz, Eduan Horn en Hermie Wonderboy.

Uit die bekwame lens van kinematograaf Jonathan Kovel, word die dorp en plaas natuurlik in ‘n kunstige wyse op die skerm verlig.
Om ‘n gruwelprent te komplementeer word daar baie maal ‘n palet nader getrek wat spesiale- en visuele effekte insluit. Pou beskik oor die VFX-vere van ‘n skoudier en kan dus maklik met internasionale rolprente in dié kategorie kompeteer.
Met bypassende musiek wat lei tot hoendervleis, en die pou se geskree om hulp op die verlate plaas, gee Pou ‘n mens die koue rillings.
Die storie is uiteraard iets anders vir die genre, veral omdat dit Afrikaans is. ‘n Mens wonder wel of ‘n tipiese wending nie voorkom kon word nie. Met die tradisionele gruwelprent bevind die protagonis hulself gereeld op verlate vlaktes tussen monsters. Maar wanneer hulp te motor verbykom, maak hul nie gebruik daarvan nie. In Pou se geval gebeur dit weer en sukkel ek juis daarom om myself in die res van die verhaal te verdiep.
Pou bied ‘n unieke kykerservaring in Afrikaans en moet nie gemis word nie – veral omdat jy dit vanin jou eie gemakstoel op Amazon Prime Video kan stroom.
Meer Inligting
Speeltyd
90 min
Skrywer en Regisseur
Jaco Minnaar & David Cornwell | Jaco Minnaar
Webtuiste
Skerms
∞
Ouderdomsbeperking
13 H L S V
Rolverdeling
Alida Theron, Ruan Wessels, Liza van Deventer, Nicola Hanekom, André Stolz, Eduan Horn, Hermie Wonderboy
Sterre
4/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Rick Bronkhorst
Verdere Resensies
Street Trash – waar bloed nie rooi (of blou is nie), maar alle neonskakerings!
Street Trash (2025) – ’n neonbelaaide, gruwelkomedie in ’n distopiese Kaapstad wat bloed, satire en sosio-politiese kommentaar meng vir ’n wilde, onvergeetlike rit.
Jungle Beat 2 – heerlike animasie-vermaak vir die jongspan
Jungle Beat 2: The Past is kleurvolle animasie-vermaak propvol avontuur, dinosourusse en lewenslesse vir kinders. Lees ons resensie oor hierdie Afrikaanse storie wat jong en ou kykers op ’n prettige tydreis neem.
A Kind of Madness – ʼn Pragtigeblik op herinneringe van dae lank gelede
A Kind of Madness is ’n roerende Afrikaanse fliek oor demensie, liefde en herinnering. Met sterre soos Sandra Prinsloo en Ian Roberts, bied die film ’n meesleurende blik op ouerword, familie en die krag van ware liefde. Lees ons volledige resensie.

Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging