Matilda en Matthys – ʼn Digter se fliek
Resensie
Matilda Steyn (Emma van Heyn) is besig met haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns. Sy is die teenpool van haar ma, Mireille (Bertha Le Roux-Wahl), ‘n “hopeless romantic” skrywer van “soppy” liefdes verhale. Matilda is anders, sy will “skryf skryf” en nie in dieselfde herhalende jaarlikse siklus as haar ma verval, wat elke Valentynsdag deur die sewe stappe van rou worstel vandat Matilda se pa hulle verlaat het nie. Kortom Matilda gaan haar nie laat speel deur die liefde nie, sy is totaal in beheer van haarself en haar stories.
Matthys (Adrian Steyn) is die PhD student en ontwikkelaar van ‘n nuwe “dating” toep. Hy is hard aan die werk met ‘n algoritme om die perfekte pasmaat te verseker deur sekere vrae aan kandidate te stel.
Wanneer Prof. Stella Winterbach (Elsabe Zietsman) voorstel dat Matilda oor die liefde navors en ‘n klein liefdesverhaal in haar eerste roman inwerk, is die bal aan die rol in hierdie romantiese komedie uit die pen van digter Bibi Slippers, wat ook haar debuut as filmregisseur maak.
Die komedie in Matilda en Matthys wissel tussen ongemaklik en louwarm. Sekere cliches soos Matilda se ma Mireille se skrywers-persona word oorspeel en verspeel die geleentheid om die genre se grense te verskuif, en bekende konvensies op hul kop te keer. Die toneel in die figuurstudie klas waar Matilda en Matthys mekaar weer sien, nadat Matthys kriptiese leidrade opvolg om Matilda op te spoor, staan egter uit, en is ‘n bewys dat Bibi in haar rol as filmregisseur belowend is.
Matilda en Matthys is tegnies geslaagd. Kamerawerk, beligting, klank en redigering pas goed binne die opgestelde perkte wat die genre voorskryf. Die grootste kritiek kom egter met die draaiboek en spelers in. Die veronderstelde en subtiele “chemistry” wat deur die verloop van die film tussen die twee hoofspelers behoort op te bou, oortuig nie enduit nie. ‘n Karakter wat haar egter uistekend van haar taak kwyt met minumim skermtyd is Elsabe Zietsman as Matilda se studieleier Professor Stella Winterbach.Elsabe se dialoog, pouses en manurismes is meesterlik, maar die belagrikste is, dit voel natuurlik. Meeste van die rolverdeling se dialoog voel effens ongemaklik en te selfbewus. Die ritme tussen hoogdrawende Afrikaans en “slang” werk ook nie altyd lekker nie. Die magnus opus van filmreels “show don’t tell” bly soms in die slag.
Ten spyte van die kritiek verdien Bibi ‘n luide applous vir die brawe sprong van digkuns na draaiboekskryf en regie. Dit sit nie in enige skrywer se pen om hierdie reis aan te pak nie. Matilda en Matthys bewys dat data en woorde saam die liefde kan laat wen, al is die algoritme soms gebrekkig, en Bibi wat sekerlik sal kan getuig dat “death is easy, comedy is hard.”
Meer Inligting
Ouderdomsbeperking
PG
Rolverdeling
Emma van Heyn, Adrian Steyn, Bertha Le Roux-Wahl, Kevin Smith, Elsabé Zietsman en Pietie Beyers
Sterre
3/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Gerhard Ehlers
Gerhard Ehlers is ‘n film en televisie produksie dosent by die Boston Media House kampus in Sandton, Johannesburg. Gerhard het homself nog altyd as ‘n storieverteller beskou, en reeds op Hoërskool die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms nl: “Friendly Conscience”, “Die Heuningwyser” en “Sekelfontein” behartig.
Verdere Resensies
Black Burns Fast lewer ’n snaakse, skerp en soms verrassend sagte blik op grootwordjare in ’n Suid-Afrikaanse konteks
“Black Burns Fast” resensie: ‘n snaakse, skerp LGBTQ+ mondigwordingskomedie oor ‘n Suid-Afrikaanse matriekleerling se ontdekking van liefde, identiteit en klas.
Landmyn: ʼn Hartverskeurende verhaal oor onvolmaakte mense
Landmyn-resensie: ’n hartverskeurende SA-drama oor ’n gesin se hereniging, ou wonde en Anna-Mart van der Merwe se meesterlike vertolking as Annatjie.
The Trek–Wanneer die aarde wraak neem
“The Trek” resensie: ‘n Karoo-western oor die Uys-gesin se wraaksugtige reis. Meekaaeel Adam se debuut.
Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging



