Matilda en Matthys – ʼn Digter se fliek

Resensie

Matilda Steyn (Emma van Heyn) is besig met haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns. Sy is die teenpool van haar ma, Mireille (Bertha Le Roux-Wahl), ‘n “hopeless romantic” skrywer van “soppy” liefdes verhale. Matilda is anders, sy will “skryf skryf” en nie in dieselfde herhalende jaarlikse siklus as haar ma verval, wat elke Valentynsdag deur die sewe stappe van rou worstel vandat Matilda se pa hulle verlaat het nie. Kortom Matilda gaan haar nie laat speel deur die liefde nie, sy is totaal in beheer van haarself en haar stories.

Matthys (Adrian Steyn) is die PhD student en ontwikkelaar van ‘n nuwe “dating” toep. Hy is hard aan die werk met ‘n algoritme om die perfekte pasmaat te verseker deur sekere vrae aan kandidate te stel.

Wanneer Prof. Stella Winterbach (Elsabe Zietsman) voorstel dat Matilda oor die liefde navors en ‘n klein liefdesverhaal in haar eerste roman inwerk, is die bal aan die rol in hierdie romantiese komedie uit die pen van digter Bibi Slippers, wat ook haar debuut as filmregisseur maak.

Die komedie in Matilda en Matthys wissel tussen ongemaklik en louwarm. Sekere cliches soos Matilda se ma Mireille se skrywers-persona word oorspeel en verspeel die geleentheid om die genre se grense te verskuif, en bekende konvensies op hul kop te keer. Die toneel in die figuurstudie klas waar Matilda en Matthys mekaar weer sien, nadat Matthys kriptiese leidrade opvolg om Matilda op te spoor, staan egter uit, en is ‘n bewys dat Bibi in haar rol as filmregisseur belowend is.

Matilda en Matthys is tegnies geslaagd. Kamerawerk, beligting, klank en redigering pas goed binne die opgestelde perkte wat die genre voorskryf. Die grootste kritiek kom egter met die draaiboek en spelers in. Die veronderstelde en subtiele “chemistry” wat deur die verloop van die film tussen die twee hoofspelers behoort op te bou, oortuig nie enduit nie. ‘n Karakter wat haar egter uistekend van haar taak kwyt met minumim skermtyd is Elsabe Zietsman as Matilda se studieleier Professor Stella Winterbach.Elsabe se dialoog, pouses en manurismes is meesterlik, maar die belagrikste is, dit voel natuurlik.  Meeste van die rolverdeling se dialoog voel effens ongemaklik en te selfbewus. Die ritme tussen hoogdrawende Afrikaans en “slang” werk ook nie altyd lekker nie. Die magnus opus van filmreels “show don’t tell” bly soms in die slag.

Ten spyte van die kritiek verdien Bibi ‘n luide applous vir die brawe sprong van digkuns na draaiboekskryf en regie. Dit sit nie in enige skrywer se pen om hierdie reis aan te pak nie. Matilda en Matthys bewys dat data en woorde saam die liefde kan laat wen, al is die algoritme soms gebrekkig, en Bibi wat sekerlik sal kan getuig dat “death is easy, comedy is hard.”

Meer Inligting

Speeltyd

90 min

Skrywer en Regisseur

Bibi Slippers

Webtuiste

Skerms

s

Ouderdomsbeperking

PG

Rolverdeling

Emma van Heyn, Adrian Steyn, Bertha Le Roux-Wahl, Kevin Smith, Elsabé Zietsman en Pietie Beyers

Sterre

3/5

Loket

Sien NFVF

Geskryf deur Chanté Gorit

Chanté Gorlt is ’n deeltydse dosent aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie, waar sy spesialiseer in tegniese en kreatiewe dissiplines. Met ’n diep passie vir klank en musiek integreer sy haar entoesiasme in haar onderrig en inspireer sy studente om die dinamiese kruispunt van tegnologie en kreatiwiteit te verken. Haar rol weerspieël ’n toewyding aan die bevordering van innovasie en artistieke uitdrukking binne die akademiese gemeenskap.

Verdere Resensies

Semi-Soeter – meer lag as logika

Semi-Soeter – meer lag as logika

Semi-Soeter bring Jaci en JP terug in ’n vrolike opvolg vol voorgee-ouerskap, babahumor en emosionele oomblikke. Met Anel Alexander, Nico Panagio en Neels van Jaarsveld spog die film met sterk spel, asemrowende Suid-Afrikaanse tonele, en ’n eg Afrikaanse klankbaan wat die Hollywood-styl balanseer. Al neig die humor soms na slapstick, bied die film genoeg plaaslike geur, hartroerende oomblikke en prettige verrassings om dit ’n moet-kyk op Netflix te maak vir enige liefhebber van Afrikaanse romantiese komedies.

read more
Die Dekonstruksie van Retta Blom – “Ek sien ’n blom.”

Die Dekonstruksie van Retta Blom – “Ek sien ’n blom.”

Ontdek die hartroerende Afrikaanse rolprent Die Dekonstruksie van Retta Blom, ’n aangrypende verwerking van Zelda Bezuidenhout se topverkoperroman. Met Pieter Grobbelaar as regisseur en Antoinette Louw in die hoofrol, verken hierdie emosionele drama selfontdekking, identiteit en persoonlike transformasie deur die oë van ’n vrou wat haar lewe herbou. ’n Moet-sien vir liefhebbers van karaktergedrewe stories en Afrikaanse rolprente.

read more
Kopiereg © 2025 Bioskoop Flieks NWM. Alle Regte Voorbehou. Gemaak met deur Rick Bronkhorst