Thys & Trix

Resensie
Met die hutsmerk, #PoliceToMeetYou, maak ons kennis met ’n vars storielyn waarin Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch die hoofrolle van onderskeidelik Thys en Trix vertolk. Die verhaal is geïnspireer deur ’n herinnering wat Leandie se pa een aand met hulle gedeel het oor hoe hy en sy vrou die aand van hul troue amper met enige onheilighede van die polisie af kon wegkom. Leandie en Bouwer het dadelik weggespring en met ’n konsep vorendag gekom, wat later ontwikkel en afgerond is deur The Writers Block, onder die bekwame leiding van Quentin Krog (wat ook die regie behartig het).
Die groot (en enigste) vraagteken wat oor die draaiboek hang, is die gebrek aan ’n agtergrondstorie vir Thys en Trix. Maar luister ’n mens na agter-die-skerms-video’s vind jy uit dat hulle weeskinders is, wat vir verskeie redes by die polisiediens betrokke geraak het. Die uiteinde is dat beide ten einde ’n verskil wil maak.

Thys & Trix is ‘n aksiekomedie waarin ’n broer en suster, twee polisiemanne, weens hul onvermoë om oor die weg te kom, uit die polisiediens geskors word. Hulle uiteenlopende persoonlikhede word reeds uitstekend in die openingstoneel bevestig, waar hulle bestuursvernuf én konflikhantering in ’n noodsituasie uitgebeeld word. Wanneer Speurder Solomons (vertolk deur Brendan Daniels) hulp benodig om ’n dwelmsindikaat in ’n spoglandgoed buite Mosselbaai te ondersoek, is dit egter niemand anders nie as Thys en Trix wie se hulp ingeroep word. Dit vereis wel dat albei van hulle ’n gedaanteverwisseling moet ondergaan, om sodoende die rolle van ’n getroude paartjie, Johan en Susan Verwey, te kan inneem. O, die ironie!
Sommer met die intrapslag word die plan omver gegooi toe Trix (of is dit nou Susan?) vir Solomons as hulle “butler” voorstel. Die kersie op die koek is sekerlik wanneer Thys en Trix, as Johan en Susan, blindelings verlei word… Die Verwey’s se bure, asook hoofverdagtes in die saak, bestaan uit die Janse van Rensburgs (Dorette Potgieter en Zak Hendrikz, oftewel die Alfa-paartjie); die Marais’s (Chanelle de Jager en Ivan Zimmerman, oftewel die “hippie”-paartjie); die Le Roux’s, ’n gay kunstenaarspaartjie (Charlie Bouguenon en Deon Coetzee, oftewel die gay paartjie) en die skynbaar onskuldige wedewee, Heide (Carine Rous), wat flikkers na Thys se kant toe gooi. Maar wie is nou eintlik die meesterbrein agter die ongeruimdhede?
Thys & Trix is ’n storie wat jou huistoe neem, na jou grootwordjare en sibbe-herinneringe. En hierdie nostalgie is presies waarvoor Bouwer en Leandie hoop wanneer hulle uitgevra word oor die boodskap waarmee hulle kykers wil laat. Thys en Trix gee jou die geleentheid om saam te lag oor die ongemaklikhede en frustrasies, maar uiteindelike onvoorwaardelike liefde tussen broers en susters. Dit is ’n familiefliek wat lank na die tyd nog sal sorg vir heerlike uitruil van vergete herinneringe.
Meer Inligting
Speeltyd
96 min
Skrywer en Regisseur
Quentin Krog, Frannie van der Walt, Sean Robert Daniels | Quentin Krog
Webtuiste
Skerms
∞
Ouderdomsbeperking
13 DLPSV
Rolverdeling
Leandie du Randt Bosch, Bouwer Bosch, Brendon Daniels, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Ivan Zimmermann, Chanell De Jager, Carine Rous
Sterre
3.5/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Flieksioneel
Flieksioneel poog om ’n tuiste vir die Afrikaanse film daar te stel, wat die bedryf in al sy aspekte vanuit ’n objektiewe perspektief sal dien en ondersteun. Verder, het hierdie inisiatief ten doel om ’n bron van inligting te skep wat suiwer op akademiese beginsels en feite gebasseer is. Dit is geïnspireer deur deeglike voorafnavorsing, sowel as ’n filmprojek wat fokus op die argivering van die Afrikaanse speelfilm. Vir meer inligting besoek gerus die webwerf www.flieksioneel.co.za
Verdere Resensies
Bloedhond – Heerlike bangmaak-vermaak vir Halloween-maand
Bloedhond is ’n bloederige, spanningsvolle Afrikaanse gruwelfliek vol koue rillings, donker humor en onverwagse wendings – perfek vir Halloween, met sterk spel deur Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz en Kevin Peyper, en beskikbaar op eVOD.
Hen – Rasend honger en stilweg boos.
Hen is ’n senutergende Afrikaanse riller deur Nico Scheepers met Stian Bam, Amalia Uys en Dawian van der Westhuizen. Op ’n afgeleë plaas in die laat 19de eeu ontvou ’n donker en bonatuurlike verhaal van geloof, vrees en vervloeking. Met skitterende spel en intense atmosfeer herinner Hen aan The Omen en Rosemary’s Baby – ’n film wat lank ná die laaste toneel bly spook.
Carissa: Een legkaartstukkie van háár lewe
Carissa (2025), ’n stadige maar visueel pragtige rolprent oor plattelandse lewe, familie, eenvoud en die ritme van menswees.

Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging