Vaya – ’n Donker rit na ’n onbekende bestemming
Resensie
Vaya volg drie mense se stories wat Johannesburg per trein binnery. Die eerste, is Xolani van KwaZulu-Natal, wie se ma hom stuur om sy pa se oorskot in die stad te gaan haal en terug te neem huis toe. Die tweede storie is dié van Zanele en klein Zodwa wat na haar suster, Thobeka, opsoek is. Laastens volg ons vir Madoda wat op uitnodiging van sy neef ’n werksgeleentheid in die stad kom opeis.
Wat die kyker in die openingskote opval is die manier waarop die regisseur elke raampie haarfyn beplan het. Die wye landskap en veral die lugskote van Johannesburg staan uit, en saam met die puik en eg (Suid-)Afrika-klankbaan word ’n sekere atmosfeer in die oomblik deur die kamera vasgevang.
Die karakters bring almal iets na die rolprent, maar dit is veral Zanele gespeel deur Zimkhitha Nyoka en haar alkoholis-suster, Thobeka, gespeel deur Nomonde Mbusi, wat die kollig omtrent vanaf die begintonele steel. Elke karakter bevind hom- of haarself in moeilike omstandighede en besef dat die stad van goud nie noodwendig die plek van melk en heuning is waarvan almal op die platteland sit en droom nie.
Die probleem met Vaya is dat die eerste bedryf vervelig raak en dat die drie stories nie lekker in mekaar vloei nie. As ’n mens kyk na hoeveel draaiboekskrywers aan die teks gewerk het, kan mens nie help om te wonder of die probleem dalk by die teks self lê nie. Die stokkerige ritme van veral die redigering pla tot en met die tweede bedryf wanneer ’n meer egalige en intuïtiewe redigeringstegniek toegepas word, en die stories gemakliker verweef raak.
Tegnies is Vaya van hoë gehalte. Die klankbaan, beligting en kamerawerk is ’n bewys dat die regisseur en sy span hulle beslis goed van hulle taak kan kwyt. Soms wonder ’n mens of die Nollywood se filmstyl tog maar ’n invloed op Akin se werk as regisseur het (hy is oorspronkilik van Nigerië), veral as ’n mens kyk na die atmosfeer en gevoel wat hy skep met die gebruik van spesifieke lokaliteite in en om Johannesburg. Daardie donker en bose onderwêreld van Johannesburg kom sterk en skokkend na vore in Vaya.
Vaya sukkel om momentum op te tel in die begin van sy speeltyd, maar wanneer hierdie drama en spanningbelaaide trein eers spoed optel, kan die kyker hom staal vir ’n donker avontuur na ’n onbekende bestemming.
Meer Inligting
Speeltyd
106 min
Skrywer en Regisseur
Craig Freimond, Tshabalira Lebakeng, Anthony Mafela, David Majoka, Madoda Ntuli, Harriet Pearlman, Robbie Thorpe | Akin Omotoso
Webtuiste
Skerms
∞
Ouderdomsbeperking
13 L V
Rolverdeling
Mncedisi Shabangu, Sibusiso Msimang, Zimkhitha Nyoka, Sihle Xaba, Warren Masemola, Nomonde Mbusi, Azwile Chamane-Madiba, Lunga Radebe, Harriet Manamela
Sterre
3.5/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Anna-Marie Jansen van Vuuren
Verdere Resensies
Hunting Jessica Brok: ’n Suid-Afrikaanse aksieheldin wat Hollywood laat bloos
Hunting Jessica Brok is ’n intense Suid-Afrikaanse aksierolprent oor ’n voormalige elite-soldaat (Danica Jones) wat haar donker verlede in die gesig staar wanneer ’n sadistiese vyand (Richard Lukunku) terugkeer vir wraak. Propvol ontploffings, gevegte en nagbytende spanning. Regie deur Alastair Orr. ’n Brutale, stylvolle aksiefliek wat maklik met Hollywood meeding.
Finding Optel – Optel mag dalk weg wees, maar die humor is beslis nie!
Finding Optel is ’n hartroerende en snaakse Suid-Afrikaanse komedie-drama oor ’n tienermeisie wat haar buurt se verlore hond soek — en haarself in die proses vind. Onder die regie van Jesse en Mikayla Joy Brown, met uitmuntende spel deur Mikayla Brown, Oscar Petersen en Maurice Carpede. ’n Vars, kleurvolle en menslike fliek vol humor en hoop.
Bloedhond – Heerlike bangmaak-vermaak vir Halloween-maand
Bloedhond is ’n bloederige, spanningsvolle Afrikaanse gruwelfliek vol koue rillings, donker humor en onverwagse wendings – perfek vir Halloween, met sterk spel deur Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz en Kevin Peyper, en beskikbaar op eVOD.
Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging



