Mr Bones 3, Son of Bones – Schuster is terug…maar Oh, Shucks!

Resensie

15/04/2022

Veertien jaar na Bones 2 Back From the Past is die derde aflewering van Leon Schuster se Bones reeks uiteindelik hier.

Bones 3 Son of Bones begin aan die einde van die 20ste eeu wanneer die geheimsinnige Kruger miljoene deur twee Loskop-boere in Kuviki land begrawe word, net om dan self te sterf en nooit die graf vol goud aan iemand bekend te maak nie.

Dekades later probeer Bones (Leon Schuster) sy wysheid oordra aan sy seun Mathambo (Afred ‘Shorty’ Ntombela) terwyl ‘n glibberige besigheidsman genaamd Alvin (Sans Moonsamy), sy vennoot die Texas ingeneur Jack (Daniel Janks) en hulle beeldskone gids, Gabriella gespeel deur Jay Anstey ‘n meester plan beraam om vir olie in Kuvuki land te boor. Bones en sy seun moet koppe bymekaar sit om die opportuniste te keer.

Die probleem met Bones 3 Son of Bones is dat dit eenvoudig net te hard probeer. Die dood is maklik, maar komedie is ingewikkeld, en met Schuster se nuutste aflewring kon hierdie stelling nie meer van toepassing gewees het nie.

Die kamerawerk en waaghalsery is tops en van internasionale gehalte, maar die storielyn en karakters is nie altyd geslaag nie. Humor is ‘n snaakse ding (HAHA), iemand het eens op ‘n tyd gesê ons almal huil vir die selfde goed, maar ons lag nie noodwendig vir dieselfde ding nie.

Bones 3 Son of Bones sal die mees lojale Schuster aanhangers na die bioskoop lok, en na twee jaar se inperking, is dit net wat die bedryf nodig het, selfs fliekgangers wat na pure ontvlugting soek sal dalk ook kaartjies koop. Die vraag is egter hoe lank gaan Bones by die loket kan uithou voor mense hulle begin afvra of die kool die sous werd is…?

Leon Schuster is ‘n meester poetsbakker en jy sal moet vêr soek om ‘n Suid-Afrikaner op te spoor wat nog nie van Shucks gehoor het nie. Schuster sal nooit verander nie, maar dalk het sy gehoor.

 

Meer Inligting

Speeltyd

80 min

Skrywer en Regisseur

Gray Hofmeyr, Leon Schuster | Gray Hofmeyr

Webtuiste

Skerms

s

Ouderdomsbeperking

10–12PG L V

Rolverdeling

Leon Schuster, Alfred “Shorty” Ntombela, Tumi Morake, Daniel Janks, Sans Moonsamy, Jay Anstey, Sthandile Nkosi, Jerry Mofokeng

Sterre

2.5/5

Loket

Sien NFVF

Geskryf deur Gerhard Ehlers

Gerhard Ehlers is ‘n film en televisie produksie dosent by die Boston Media House kampus in Sandton, Johannesburg. Gerhard het homself nog altyd as ‘n storieverteller beskou, en reeds op Hoërskool die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms nl: “Friendly Conscience”“Die Heuningwyser” en “Sekelfontein” behartig.

Verdere Resensies

Hunting Jessica Brok: ’n Suid-Afrikaanse aksieheldin wat Hollywood laat bloos

Hunting Jessica Brok: ’n Suid-Afrikaanse aksieheldin wat Hollywood laat bloos

Hunting Jessica Brok is ’n intense Suid-Afrikaanse aksierolprent oor ’n voormalige elite-soldaat (Danica Jones) wat haar donker verlede in die gesig staar wanneer ’n sadistiese vyand (Richard Lukunku) terugkeer vir wraak. Propvol ontploffings, gevegte en nagbytende spanning. Regie deur Alastair Orr. ’n Brutale, stylvolle aksiefliek wat maklik met Hollywood meeding.

read more
Finding Optel – Optel mag dalk weg wees, maar die humor is beslis nie!

Finding Optel – Optel mag dalk weg wees, maar die humor is beslis nie!

Finding Optel is ’n hartroerende en snaakse Suid-Afrikaanse komedie-drama oor ’n tienermeisie wat haar buurt se verlore hond soek — en haarself in die proses vind. Onder die regie van Jesse en Mikayla Joy Brown, met uitmuntende spel deur Mikayla Brown, Oscar Petersen en Maurice Carpede. ’n Vars, kleurvolle en menslike fliek vol humor en hoop.

read more
Kopiereg © 2025 Bioskoop Flieks NWM. Alle Regte Voorbehou. | Gemaak met deur Rick Bronkhorst