Skaapboer – Skaapboer is alles of niks: Vars of vrot?

Resensie

28/10/2023

Wanneer Harold Bruyn (Keeno Lee Hector) in plaas van ’n verwagte verhoging as bankklerk, skielik afgedank word, moet hy, nes die gesegde sê, soos ’n boer ’n plan maak om die pot aan die kook te hou. Dié plan behels om in ’n Johannesburgse voorstad met skape te begin boer, aangesien sy oupa ook destyds geboer het, en dit daarom kwansuis in sy are is. Of is dit?

Skaapboer is ’n komedie uit die pen van Valenté Bosch (ook die regisseur en vervaardiger) en dit poog om ‘n storie van hoop, goeie en regte besluite, en geregtigheid te wees.

Die storie word ondersteun deur ’n gesoute span akteurs, onder meer die legendariese Brümilda van Rensburg as Mrs English en Natalia Da Rocha as Ma Mavis – wat albei hul unieke rolle hul eie maak en sorg vir (van die enigste werklike) snaakse oomblikke in die fliek. Ook Zoë Brown as Bernice Bruyn wys haar staal en speel die rol van ‘n tuisteskepper wat daarvan droom om eendag ’n bekende aktrise te word, baie goed.

In die algemeen was die rolverdeling in die kol, en heelwat byspelers kwyt hulself goed van hul taak, maar die karakters van Speurders Colby 1 en 2, asook dié van Anwar, het my glad nie beïndruk nie, en ek voel die fliek sou beter af wees sonder hulle.

Kamerawerk, regie, en klank, asook oorspronklike musiek deur Ebrahim Mallum, het nie een gepla nie, hoewel die tempo plek-plek ’n bietjie traag gevoel het.

Aan die einde van Skaapboer is daar ’n kinkel in die kabel wanneer Harold voor ’n interessante keuse te staan kom – kykers moet maar self kyk wat daardie keuse is en wat hy kies.  

Hoewel die storie goeie motiewe en ’n positiewe boodskap het, het dit my oor die algemeen teleurgestel en was dit redelik een-dimensioneel. Tog is ek seker dat dit ’n mark onder ons ryke reënboognasie sal kry.

Meer Inligting

Speeltyd

100 min

Skrywer en Regisseur

Valenté Bosch

Webtuiste

Skerms

s

Ouderdomsbeperking

PG

Rolverdeling

Keeno Lee Hector, Zoë Brown, Natalia Da Rocha en Brümilda van Rensburg

Sterre

2/5

Loket

Sien NFVF

Geskryf deur Roelof Bezuidenhout

Roelof Bezuidenhout is tans die Video Produksiebestuurder en Storie-redakteur by die EDUNAKHO-groep, ’n wêreldwye opvoedkundige mediamaatskappy wat voornemende MBA- en meestersstudente ondersteun. Hy het voorheen die Hoër Sertifikaat-kursus in Film, Televisie en Vermaak by AFDA in Gqeberha (Port Elizabeth) gelei, waar hy ook sy MFA verwerf het, en hy het akademiese rolle by beide AFDA en Boston Media House beklee.

Verdere Resensies

Hunting Jessica Brok: ’n Suid-Afrikaanse aksieheldin wat Hollywood laat bloos

Hunting Jessica Brok: ’n Suid-Afrikaanse aksieheldin wat Hollywood laat bloos

Hunting Jessica Brok is ’n intense Suid-Afrikaanse aksierolprent oor ’n voormalige elite-soldaat (Danica Jones) wat haar donker verlede in die gesig staar wanneer ’n sadistiese vyand (Richard Lukunku) terugkeer vir wraak. Propvol ontploffings, gevegte en nagbytende spanning. Regie deur Alastair Orr. ’n Brutale, stylvolle aksiefliek wat maklik met Hollywood meeding.

read more
Finding Optel – Optel mag dalk weg wees, maar die humor is beslis nie!

Finding Optel – Optel mag dalk weg wees, maar die humor is beslis nie!

Finding Optel is ’n hartroerende en snaakse Suid-Afrikaanse komedie-drama oor ’n tienermeisie wat haar buurt se verlore hond soek — en haarself in die proses vind. Onder die regie van Jesse en Mikayla Joy Brown, met uitmuntende spel deur Mikayla Brown, Oscar Petersen en Maurice Carpede. ’n Vars, kleurvolle en menslike fliek vol humor en hoop.

read more
Kopiereg © 2025 Bioskoop Flieks NWM. Alle Regte Voorbehou. | Gemaak met deur Rick Bronkhorst