Mr Bones 3, Son of Bones – Schuster is terug…maar Oh, Shucks!

Resensie
Veertien jaar na Bones 2 Back From the Past is die derde aflewering van Leon Schuster se Bones reeks uiteindelik hier.
Bones 3 Son of Bones begin aan die einde van die 20ste eeu wanneer die geheimsinnige Kruger miljoene deur twee Loskop-boere in Kuviki land begrawe word, net om dan self te sterf en nooit die graf vol goud aan iemand bekend te maak nie.
Dekades later probeer Bones (Leon Schuster) sy wysheid oordra aan sy seun Mathambo (Afred ‘Shorty’ Ntombela) terwyl ‘n glibberige besigheidsman genaamd Alvin (Sans Moonsamy), sy vennoot die Texas ingeneur Jack (Daniel Janks) en hulle beeldskone gids, Gabriella gespeel deur Jay Anstey ‘n meester plan beraam om vir olie in Kuvuki land te boor. Bones en sy seun moet koppe bymekaar sit om die opportuniste te keer.
Die probleem met Bones 3 Son of Bones is dat dit eenvoudig net te hard probeer. Die dood is maklik, maar komedie is ingewikkeld, en met Schuster se nuutste aflewring kon hierdie stelling nie meer van toepassing gewees het nie.
Die kamerawerk en waaghalsery is tops en van internasionale gehalte, maar die storielyn en karakters is nie altyd geslaag nie. Humor is ‘n snaakse ding (HAHA), iemand het eens op ‘n tyd gesê ons almal huil vir die selfde goed, maar ons lag nie noodwendig vir dieselfde ding nie.

Bones 3 Son of Bones sal die mees lojale Schuster aanhangers na die bioskoop lok, en na twee jaar se inperking, is dit net wat die bedryf nodig het, selfs fliekgangers wat na pure ontvlugting soek sal dalk ook kaartjies koop. Die vraag is egter hoe lank gaan Bones by die loket kan uithou voor mense hulle begin afvra of die kool die sous werd is…?
Leon Schuster is ‘n meester poetsbakker en jy sal moet vêr soek om ‘n Suid-Afrikaner op te spoor wat nog nie van Shucks gehoor het nie. Schuster sal nooit verander nie, maar dalk het sy gehoor.
Meer Inligting
Speeltyd
80 min
Skrywer en Regisseur
Gray Hofmeyr, Leon Schuster | Gray Hofmeyr
Webtuiste
–
Skerms
∞
Ouderdomsbeperking
10–12PG L V
Rolverdeling
Leon Schuster, Alfred “Shorty” Ntombela, Tumi Morake, Daniel Janks, Sans Moonsamy, Jay Anstey, Sthandile Nkosi, Jerry Mofokeng
Sterre
2.5/5
Loket
Sien NFVF

Geskryf deur Gerhard Ehlers
Gerhard Ehlers is ‘n film en televisie produksie dosent by die Boston Media House kampus in Sandton, Johannesburg. Gerhard het homself nog altyd as ‘n storieverteller beskou, en reeds op Hoërskool die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms nl: “Friendly Conscience”, “Die Heuningwyser” en “Sekelfontein” behartig.
Verdere Resensies
Bloedhond – Heerlike bangmaak-vermaak vir Halloween-maand
Bloedhond is ’n bloederige, spanningsvolle Afrikaanse gruwelfliek vol koue rillings, donker humor en onverwagse wendings – perfek vir Halloween, met sterk spel deur Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz en Kevin Peyper, en beskikbaar op eVOD.
Hen – Rasend honger en stilweg boos.
Hen is ’n senutergende Afrikaanse riller deur Nico Scheepers met Stian Bam, Amalia Uys en Dawian van der Westhuizen. Op ’n afgeleë plaas in die laat 19de eeu ontvou ’n donker en bonatuurlike verhaal van geloof, vrees en vervloeking. Met skitterende spel en intense atmosfeer herinner Hen aan The Omen en Rosemary’s Baby – ’n film wat lank ná die laaste toneel bly spook.
Carissa: Een legkaartstukkie van háár lewe
Carissa (2025), ’n stadige maar visueel pragtige rolprent oor plattelandse lewe, familie, eenvoud en die ritme van menswees.

Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging