Die 14de kykNET Silwerskermfees 2026
Nuus
Vanjaar se Silwerskermfees word oudergewoonte by die Bay Hotel te Kampsbaai aangebied. Daar word gefokus op Afrikaanse films en internasionale kortfilms. Hierdie jaar se fees bied iets vir elke soort filmliefhebber. Met 5 speelfilms, 17 kortfilms, werkswinkels en netwerkgeleenthede.
Van die kortfilms sluit in: Dian Weys se kortprent Aasvoëls. Twee persent, ‘n verkwiklike en komiese liefdesverhaal. As ek kon kies, ‘n steeds verbode en onaanvaarbare gay-liefdesverhaal. Wag ‘n bietjie, ‘n seun wat ‘n vreemdeling betaal om by sy ma te sit in haar sterwensure. Trilstraat, ‘n paartjie wat laat in die nag in die strate van Kaapstad beroof word. Short Back & Sides, handel oor aanvaarding en om jou identiteit uit te leef of drome na te jaag. Change, gooi ‘n muntstuk in die lug en sê, maak nie saak waar hy val nie, kop of stert, tye verander en die dae van kleingeld is getel… iets wat so deel van ons gemeenskappe en lewe was.
Die speelfilms sluit in: Nico Scheepers is terug met Landmyn, Jason Jacobs en Devon Delmar met Marita van der Vyver se jeugroman Al wat ek weet, en Zandré Coetzer met Silas en die Ysbeer op Tafelberg. Variasies op ʼn tema deur Jason Jacobs en Devon Delmar wat voorheen Carissa (2025) uitgereik het, is ook te sien by die fees. Wenner van die gesogte Tiger-prys (die topprys) by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees. Regisseur Aadil Dhalech se Bosryer is ook te sien.
Die publiek kan van Maandag 22 Junie af kaartjies bespreek by Quicket, ook vir die glansryke bloutapyt-geleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op Saterdag 22 Augustus.
Bestudeer ook die volledige program vir die gesprekke, werkswinkels en ‘n meesterklas, aangebied deur die skrywer-regisseur Weys, op die webwerf www.silwerskermfees.co.za. Aansoeke om die meesterklas by te woon open Vrydag 19 Junie, met beperkte plekke beskikbaar vir beide die werkswinkels en die meesterklas.

Geskryf deur Rick Bronkhorst
Verdere Resensies
Black Burns Fast lewer ’n snaakse, skerp en soms verrassend sagte blik op grootwordjare in ’n Suid-Afrikaanse konteks
“Black Burns Fast” resensie: ‘n snaakse, skerp LGBTQ+ mondigwordingskomedie oor ‘n Suid-Afrikaanse matriekleerling se ontdekking van liefde, identiteit en klas.
Landmyn: ʼn Hartverskeurende verhaal oor onvolmaakte mense
Landmyn-resensie: ’n hartverskeurende SA-drama oor ’n gesin se hereniging, ou wonde en Anna-Mart van der Merwe se meesterlike vertolking as Annatjie.
The Trek–Wanneer die aarde wraak neem
“The Trek” resensie: ‘n Karoo-western oor die Uys-gesin se wraaksugtige reis. Meekaaeel Adam se debuut.
Kursusse
Drama
Regie
Klank
Kinematogarfie
Vervaardiging



